Log in

Mental Health Information Centre - Southern Africa

Nuwe era vir die behandeling van depressie

Die volgende berig het in Die Burger van 29 Augustus 2011 verskyn:

’n Nuwe antidepressant wat die liggaam se sirkadiese ritme sinchroniseer, is pas in Suid-Afrika bekend gestel.

Agomelatine is ’n nuwe tipe behandeling wat die melatonien­reseptore in die brein stimuleer, terwyl ander middels die chemiese wanbalans herstel.

Sirkadiese ritmes is fisieke, psigiese en gedragsveranderings wat in ’n siklus van 24-uur voorkom en hoofsaaklik deur lig en donker veroorsaak word.

Navorsing het getoon disfunksie van die ritme word verbind met depressie, abnormale slaappatrone, moegheid en gemoed­skommelings in die dag.

Volgens dr. Franco Colin, ’n psigiater van Servier Laboratories, lei dié nuwe middel ’n nuwe era in in die behandeling van depressie – veral waar bioritmes ter sake is en mense nie op ander behandelings reageer nie.

Van die voordele is dat seksuele disfunksie nie weens die middel ervaar word nie en gebruikers ook nie gewig optel nie.
Agomelatine bevat ’n chemiese samestelling van melatonien (dit is melatonergies van aard), ’n hormoon wat betrokke is by die liggaam se interne “horlosie”.


Mental Health Topics

In partnership with:


University of Stellenbosch
South African Medical Research Council
University of Cape Town